8
By Herman Lensing
Koek
1. Verhit oond tot 180 °C
2. Plaas botter en suiker in elektriese menger se bak. Gebruik die mengspaan (K-beater) en klits mengsel teen hoë spoed tot lig en romerig – sowat 5-8 minute. Terwyl die menger loop, voeg jy die eiers een vir een by. Sif meel en bakpoeier saam en voeg by bottermengsel. Gooi karringmelk en amandels by die mengsel envou alles saam tot gladde mengsel.
3. Spuit ’n 25 cm-ringpan met patrone goed met kleefwerende kossproei. Gooi beslag in pan, maar hou sowat 150 ml van die mengsel terug. Meng kakaopoeier by oorblywende mengsel. Skep lepels vol van die sjokoladebeslag op wit mengsel in pan. Bak vir 30-35 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer uit.
Versiersel
1. Rooster amandels tot goudbruin in warm pan – sowat 5-8 minute.
2. Meng suiker en kaneel saam.
3. Plaas afgekoelde koek op opdien bord en sprinkel suiker oor koek.
4. Meng versiersuiker en suurlemoensap saam tot gladde mengsel.
5. Skep bo-oor koek.
6. Pak amandels bo-op en sit voor.
Pink Lady® apple & pork potsticker recipe
Pink Lady® Apple stuffed with Almonds and Dried Fruit
Pork, Pink Lady® apple and white wine pot pies
Chocolate-turtle Pink Lady® slices
Make healthy living a part of your active lifestyle with Pink Lady® - naturally!
The PinkLady® website uses cookies, please navigate away if you do not consent.
© 2020 Copyright Pink Lady®.
Developed by Solutions Desk