Gonoeg vir een 22cm koek
By Herman Lensing
Appeltjips
Maak tjips eerste
1. Plaas kakao, suiker en water in middelsag pot en bring tot kookpunt.
2. Sny appels papierdun en plaas in stroop vir 1 minuut.
3. Pak in lugbraaier se mandjie en droog uit vir 30 minute. Hou eenkant.
Koek
1. Verhit oond tot 180 °C.
2. Voer twee ronde losboomkoekpanne van 20cm in deursnee met bakpapier uit en spuit goed met
kleefwerende kossproei.
3. Plaas botter, strooisuiker en kruisement in bak van elektriese menger en verroom.
4. Voeg eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.
5. Verlaag mengspoed en voeg kakao, bakpoeier, koeksoda en sout by.
6. Meng meel en melk by. Verdeel beslag tussen panne en bak 30-35 minute of tot ’n toetspen skoon
uitkom.
7. Laat koek afkoel in panne en keer uit op draadrak oor ’n bakplaat.
Stroop
1. Kook suiker en koffie saam en gooi oor koeklae.
Versiersel
1. Plaas water, suiker en kakao in ’n kastrol en bring tot kookpunt.
2. Meng eiergele, melk en mielieblom en voeg by kakaomengsel terwyl jy
roer.
3. Hou aan roer tot dik soos witsous, 3-4 minute.
4. Verwyder van hitte en roer gekapte sjokolade en botter by tot mengsel
glad is.
5. Skep in ’n spuitsak en laat afkoel.
6. Plaas eerste koeklaag op ’n dienbord en spuit koue vulsel bo-op.
7. Plaas tweede koeklaag op vulsel en spuit nog vulsel oor.
8. Plak appel tjips aan kant van koek.
Baked Pink Lady® Apple Salad with Pecans and Feta
Pink Lady® apple hot toddy
Pink Lady® Appel Strudel
Vietnamese Spring Rolls
Make healthy living a part of your active lifestyle with Pink Lady® - naturally!
The PinkLady® website uses cookies, please navigate away if you do not consent.
© 2020 Copyright Pink Lady®.
Developed by Solutions Desk