8
By Herman Lensing
1. Plaas water, olie, sout en meel in menger se bak.
2. Meng op hoë spoed tot gladde deeg.
3. Hou aan knie vir nog 10 minute tot deeg baie elasties is.
4. Plaas in skoon mengbak wat gesmeer is met olie gesmeer en maak toe met kleefplastiek.
5. Laat oornag in yskas staan.
6. Verhit oond tot 220 °C.
7. Gooi ’n skoon tafeldoek oor jou tafel sif meel daarop.
8. Rol deeg uit op doek tot sowat 5mm dik.
9. Verf met gesmelte botter.
10. Gebruik die bokant van jou hand en rek die deeg van die middel af uit na die buite tot papierdun
11. Moenie bekommerd wees as ’n gaaitjie of twee vorm nie, dit maak nie verskil aan die eind resultaat nie.
12. Sprinkel broodkrummels oor deeg.
13. Sny appels en pere in dun skywe en meng met suiker, kaneel, rosyntjies, neute en suurlemoensap in mengbak.
14. Gooi appels op die punt van die deeg en sprei uit dat hulle sowat 60 cm lank lê.
15. Gebruik tafeldoek om te help en rol vulsel toe in deeg.
16. Seël punte van deeg wors deur deeg saam te druk.
17. Sny ekstra deeg af. Rol deeg wors in spiraal vorm.
18. Plaas spiraal op bakplaat wat goed gespuit is met kleefwerende kossproei.
19. Verf strudel met oorblywende botter.
20. Bak vir 45 minute of tot goudbruine n bros.
21. Sif versiersuike roor en sit voor.
Wenk: Probeer neut botter vir gebak. Maak só: Plaas botter in kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en laat prut vir 10-15 minuite of tot botter bruin raak en neut smaak kry. Gooi deur moesilien doek.
Quick and simple baked Pink Lady® apples with Cinnamon spiced Custard
Pink Lady Apple Doughnut Mille-feuille
Pink Lady® apple bliss balls
Pink Lady® apple with Rooibos yoghurt
Make healthy living a part of your active lifestyle with Pink Lady® - naturally!
The PinkLady® website uses cookies, please navigate away if you do not consent.
© 2020 Copyright Pink Lady®.
Developed by Solutions Desk