Genoeg vir een 22cm koek
By Herman Lensing
Koek
1. Verhit oond tot 180 °C.
2. Voer twee 18 cm- koekpanne met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei.
3. Plaas eiers en strooisuiker in ’n groot mengbak en klits by hoë spoed tot ’n dik skuim, sowat 8-10 minute.
4. Sif meel en bakpoeier saam, voeg by eiermengsel en vou met ’n groot metaallepel in.
5.Voeg melk, botter en vanieljegeursel by en vou in.
6. Verdeel beslag tussen die twee panne en bak vir 20-25 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
7. Laat afkoel in pan.
Versiersel
1. Plaas gerasperde appels, heuning, vanielje en roosstroop in klein pot en bring tot kookpunt.
2. Verwyder van hitte en laat afkoel.
3. Gebruik ’n elektriese klitser en klits botter tot sagte roomtekstuur.
4. Voeg versiersuiker en koejawels by en klits tot appel mengsel opgebreek het en versiersel vorm.
5. Keer afgekoelde koeke uit pan.
6. Plaas eerste koeklaag onderstebo op ’n bord en smeer helfte van versiersel op koek.
7. Plaas tweede koeklaag bo- op.
8. Skep oorblywende versiersel in ’n spuitsak met ’n 1 cm-skerprandtuit en spuit klein klontjies versiersel bo-op koek.
9. Jy kan ook bloot die oorblywende versiersel met ’n slaplemmes oorsmeer.
10. Sit voor.
Sjokolade appel en vanielje malvapoeding
Pink Lady® toffee apples
Caramelised Pink Lady® Apples with mustard and thyme
Slow roasted pork belly with Pickled Pink Lady® apples
Make healthy living a part of your active lifestyle with Pink Lady® - naturally!
The PinkLady® website uses cookies, please navigate away if you do not consent.
© 2020 Copyright Pink Lady®.
Developed by Solutions Desk